Laerskool Boerefort
© Laerskool Boerefort

‘n Kort Geskiedenis

Ons skool is geleë aan die voet van die Magaliesberg waar ons een groot en gelukkige gesin is. Hoe bevoorreg is ons nie dat die Here hierdie skooltjie wat op 28 Julie 1953 met 113 leerlinge en 5 damespersoneel begin het as die “De Beer-straat Skool” so geseën het as een van ons top skole van vandag. Die eerste leuse was “Bou ‘n Nasie” en tans is die leuse “Waak en Werk”.   Op alle gebiede is ons top presteerders. Dit gaan baie goed op akademiese gebied asook met puik vertonings op sportgebied. Op kultuurgebied het die Senior- en Kriewelrevue hulle merk gelaat. Hulle word jaarliks gekeur vir die Staatsteater en neem aan verskeie optredes en kompetisies deel.